Lockheed P2V Neptune

Lockheed P-2 Neptune
SP-2H of VP-56 oor die Atlantiese Oseaan
Tipe Mariene verkenning
Vervaardiger Lockheed
Nooiensvlug 17 Mei 1945
Bekendstelling Maart 1947
Onttrek 1984 uit militêre diens
Status In diens
Hoofgebruiker Amerikaanse Vloot
Programkoste -

Die Lockheed P2V Neptune is 'n Amerikaanse patrollie vliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik was. Dit is later vervang deur die Lockheed P-3 Orion. Nog voordat Amerika tot die Tweede Wêreldoorlog toegetree het, was daar reeds duidelikheid dat hulle oor 'n landgebaseerde patrollievliegtuig met 'n lang togafstand moet beskik en die vliegtuig se vermoë moes baie beter wees as die vliegtuie op daardie stadium in gebruik: die Lockheed Ventura en die Lockheed Hudson. Die Amerikaanse Vloot se behoefte was vir 'n vliegtuig wat dag en nag teenduikbootoorlogvoering kon doen en ook teen vyandelike skepe optree. Lockheed het aan so 'n ontwerp begin nog voor die Vloot enige amptelike versoek gerig het. Nadat Amerika tot die oorlog toegetree het het die Vloot aanvanklik net op gevestigde en beskikbare vliegtuie gekonsentreer, Lockheed het egter op eie stoom aangegaan met die ontwikkeling van die Neptune.

Teen 1943 het die Vloot egter begin beplan aan die volgende geslag maritieme verkenningsvliegtuig en 'n versoek gerig aan Lockheed om 'n prototipe te bou. Prototipe XP2V het sy nooiensvlug op 17 Mei 1945 onderneem. Daarna was veertien produksie-eenhede van model P2V-1 afgelewer vanaf Maart 1947.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search